Afrikaans letter sent to the letter section of die son, die beeld etc
----- Original Message -----
From: Memory
Sent: Sunday, July 13, 2008 2:28 PM
Subject: Die verkragting Van Ons Jong Seuns In Die Polisie Aanhou Selle

Die Redakteur.
 
Sal u asseblief my brief aan die publiek plaas.
My persoonlike kontak nommers is 039 681 2008 werks ure, en 072 761 1736
Baie dankie,
Memory
 
Tans word gehoor afwagtende persone almal saam in dieselfde aanhou selle geplaas.
Omdat die wet tuig dat jy onskuldig is totdat jy skuldig bevind word, is dit buite die polisie se mag om te bepaal onder watter groep die aangehoudenes val, en beide die klein tyd kriminele soos dronk bestuurders, en ernstige misdaad kriminele soos verkragters en moordenaars, word almal saam in dieselfde selle geplaas.
Wanneer die sel deur agter jou toegesluit word, en jy jouself saam met onbekende kriminele bevind, is die kanse groot dat jy nie as dieselfde mens daar gaan uitstap nie. Vernaam nie as jy 'n jong seunskind is nie.
Help my om hierdie kultuur te verander. Ons het 'n non-govermenteele organisasie gestig, Together Against Abuse, en kan gevind word op ons nuwe website www.togetheragainstabuse.bravehost.com en per selfoon deur om die woord togetheragainstabuse gestuur word na die nommer 33003.
Ons poog om met al die ander bestaande organisasies in te skakel om almal dus meer doeltreffend te maak.
Verder probeer ons beide die potensieele slagoffer en die verkragtende te hulp te staan, en dus te vermy dat sulke gedrag vererger en versprei.
Ons vra almal om ons by te staan in hierdie stryd, en stel enige toevoering en raad hoogs op prys.
Baie dankie,
Memory